Huidiglik bied ons 3 Werkswinkels/ Workshops aan wat ‘n gemeenskap vorm vir ouers en hul kinders om veilig en vry (met ‘n beplanning en roetine), speel-speel te ontdek in die teenwoordigheid van ander volwassenes en kinders van dieselfde ouderdom.
Elke sessie/ klas se beplanning volg ‘n spesifieke roetine. Daar is ‘n aankoms, kort blootstelling aan ‘n groepsituasie, waarin ons sing, met ouderdomsgepaste aktiwiteite speel en beweeg .
Daarna verdeel ons (word vrygelaat) om 1-tot-1 (ma en kind) speel-speel te ontdek om kreatiwiteit-, probleemoplossings- en sosiale-vaardighede saam in ‘n stimulerende omgewing (binne en buite) te oefen. Totale kind ontwikkeling (groot-en fyn-motories, taal, kreatiwiteit, sensoriese en perseptuele blootstelling en musiek) is vir ons belangrik!
Alle eienaars/ fasiliteerders (Ma-en-kind ondersteuner is opgeleide onderwyseresse en mas.)
Waar jy ons op die oomblik kan vind – ons brei graag uit!
Stigter
Die eerste Minimense Werkswinkel het ontstaan in die jaar 2000 in Worcester deur Elsabe Mienie.
Die program is saamgestel en ontwikkel oor ‘n periode van 15 jaar.
Elsabé Mienie se ondervinding en Kwalifikasies sluit in 3 jr Junior Primêre opleiding aan Wellington Onderwysers Kollege, HOD in Pre-primêr te Barkly House Teachers College, Verdere Diploma in onderwys UNISA en Opleiding deur die Parent and Child Association. Sy het 6 en ‘n half jaar Pre-primêr onderrig en die afgelope 20 jaar bied sy Minimense aan.
Robertson / McGregor / Bonnievale
Mini Mense Robertson se onderwyseres is Nadia Naudé.
Nadia is gekwalifiseer in B Ed Grondslagfase.
Sy het vir 2 jaar in Londen skoolgegee en toe was sy vir 7 jaar ‘n Graad R onderwyseres by Laerskool Worcester-Oos.
Die voordeel van hierdie opleiding, ons weet waarnatoe om met hierdie kleine mini mensies te werk, ons program het begin waar daar gekyk is na moontlike uitvalle van kinders in Graad R, en so is hy teruggewerk deur terapeute na babatjies vanaf 6 maande om hierdie uitvalle beter te ontwikkel as voorbereiding vir Graad R.
Marié Basson is gekwalifiseer in B.Ed Grondslagfase. Sy was vir 12 jaar n Graad 3 onderwyseres by Laerskool Overberg in Caledon.
Die afgelope 5 jaar bied sy MiniMense in Caledon aan.
Ek wil graag van hierdie geleentheid gebruik maak om myself voor te stel as die nuwe Minimense tannie in Worcester. My grootste droom was en is steeds om die beste mamma te kan wees vir my twee kinders. Wat ’n voorreg is dit nie om die groei en ontwikkeling van kinders te aanskou nie! As ’n mamma weet ek dat daar baie uitdagings in vandag se tye is en daarom sê ek altyd: “Die beste geskenk wat jy vir jou kinders kan gee is jou tyd en liefde.”
Ek sal myself beskryf as ’n lojale en liefdevolle persoon. My geaardheid is van so aard dat ek maklik met ander mense oor die weg kom. Ek het ’n passievolle roeping om ’n kind se wêreld te verstaan en hulle tot hulle volle potensiaal te help ontwikkel.
Ek het my Baccalaureusgraad in Opvoedkunde (Intermediêre fase) voltooi deur Unisa. My liefde vir Minimense het ontstaan toe ek my eie seuntjie geneem het om deel te word van die Minimense werkswinkel in Caledon.
Ouderdomsgroepe
By Minimense streef ons daarna om elke individu (ma en kind) op ‘n unieke plek waar hy/ sy hul bevind, te ontmoet.