Wie is ons
Minimense Werkswinkel vier hierdie jaar, 2025, die Werkswinkel te Worcester se 25ste bestaansjaar, met dankbaarheid! Minimense bestaan uit Minimense Werkswinkel Maatskappy, sowel as Minimense Werkswinkels.
Ek is ‘n opgeleide Grondslafgase-onderwyseres en ma van 2 getroude seuns, wie net soveel bygedra het tot my versameling vaardighede as my opleiding, om Minimense te bedryf.
My liefde en bewondering vir die natuur en die eenvoud van die lewe rig my strewe om betekenis te gee waar ek die kans gegun word.
- Onvoorwaardelike Liefde
- Gefokusde aandag
- Gunstige klimaat vir ontwikkeling
- ontwikkeling Stimulerende aktiwiteite
In die Minimense Werkswinkels gebruik ons enige apparaat in ons onmiddelike omgewing, bv. vrugte, groente, sponse, borsels, sand en water, sowel as herwinbare produkte, om speel-speel te ontdek en vaardighede te bekom.
Elsabè Mienie
Meer oor ons
Minimense Werkswinkel vier in 2025 die 25 ste bestaansjaar met dankbaarheid.
Minimense bestaan uit Minimense Werkswinkel Maatskappy, Minimense Werkswinkels en ‘n Aanlynprogram.
Ons is vir jare bevoorreg om ontdekkingsreise deur die oë van ouers, babas, en kleuters speel-speel te beleef.
“Enter into children’s play (world) and you will find the place where their minds, hearts and souls meet….”
Laat jou met hierdie gedagte….
Minimense Werkswinkels skep ‘n ruimte waar ‘n primêre opvoeder van ‘n kind hul ondersteun wanneer hul vir die eerste keer saam met ander kinders, van dieselfde ouderdom, ‘n ruimte deel. Met die ondersteuning van ‘n volwasse persoon leer hul sosiale vaardighede aan.
Wanneer hul teen 3 tot 4 jarige ouderdom oor genoeg taal en sosiale vaardighede beskik om self probleme op te los en in ‘n groep kan funksioneer, neem hul met selfvertroue die volgende stap na onafhanklikheid.
“By Minimense Werkswinkel gebruik ons enige apparaat soos vrugte, groente, sand, water sowel as herwinbare produkte , om speel – speel te ontdek en vaardighede te bekom.”
– Elsabe Mienie (Stigter)
Meer oor ons
Ons ontwikkel en stimuleer u kind deur:
- Tasaktiwiteite
- Groot-motoriese Bewegings
- Musiek
- Skep ‘n stimulerende omgewing vir woordeskat en spraakontwikkeling
- Kreatiewe spel
- Ouderdomsgepaste speelgoed
- Speletjies en Aktiwiteite
- Besluitneming en Probleemoplossings vaardighede
- Skep ‘n ondersteunende en opvoedkundige omgewing vir ma/pa/opvoeders
Ontstaan van Minimense Werkswinkel
1998
Minimense en 10 ander Engels-sprekende werkswinkels funksioneer aanvanklik onder die Parent and Child Association.
1999
’n Behoefte ontstaan by ’n voorgeboorte-groep — persoonlik, sowel as by ander toekomstige ma’s.
Die neo-natale verpleegkundige het meegedeel dat moeders ondersteuning nodig het ná die geboorte van hul babas.
Daardie gesprekke was die oorsprong van Minimense Werkswinkel wat sou volg.
2000
Die eerste Minimense Mamma-en-Baba stimulasiegroep open in Worcester onder die naam Minimense Werkswinkel/Workshop.
Ses vriende met babas (6–9 maande) word genooi om saam te kom en speel-speel te ontdek.
Die behoefte aan samesyn, gedeelde belange en ondersteuning laat Minimense groei.
Die omgewing van omgee, vertroue en praktiese idees skep ’n waardevolle ervaring.
2001
Verdere behoeftes ontstaan vir opeenvolgende ouderdomsgroepe:
- Eerste groep: 5–12 maande
- Tweede groep: 1–2 jaar +
- Derde groep: 3–4 jaar
2002–2015
Verdere dienste word ontwikkel en aangebied soos behoeftes ontstaan:
- Noodhulp: aangebied deur ’n gekwalifiseerde mediese beampte.
- Huishulp-opleiding: stimulasie tuis, verskillende ouderdomsgroepe.
- Bewusmakingskursus: veiligheid in en om die huis en praktiese vaardighede.
- Dissipline- en lewensvaardigheids-gesprek: met ouers oor uitdagings en oplossings in die daaglikse roetine.
2016–2025
Minimense Werkswinkel (Pty) Ltd word gestig, waaruit werkswinkels in Langeberg en Caledon ontstaan het.
2026
Minimense Worcester Werkswinkel verander van eienaar.
Digitale groei: Aanlynprogram word ontwikkel slegs vir intekenaars waar daar nie toegang is tot ’n Minimense Werkswinkel in die nabye omgewing nie, sodat ouers in landelike gebiede (platteland) ondersteuning kan ontvang.
Nou & in die toekoms…
Minimense leef voort as ’n omgee, ervaringsgerigte ondersteuningsruimte vir ouers, babas, peuters en kleuters.
My passie is steeds: om ouers te bemagtig om dit waaroor hul reeds beskik — hul huis, hul omgewing en hulself — te gebruik om aan hul kinders bekend te stel, hul kinders te begelei en bemagtig deur betekenisvolle spel, om kosbare verhoudings te vestig en lewensvaardighede te ontwikkel.
Aanlyn Program
2026 – Vanaf Januarie
Is daar 'n aanlyn program gestig vir diegene wat nie in ons opvangsgebiede woonagtig is nie:
- Caledon en omgewing
- McGregor / Robertson / Bonnievale en omgewing
- Worcester en omgewing
Wat is beskikbaar?
4 kwartale per jaar (elke kwartaal strek oor 3 maande). Elke kwartaal ontvang deelnemers 9 aktiwiteite, dit wil sê 3 keer per maand, vir die ouderdomsgroep(e) waarvoor jul registreer.
Ouderdomsgroepe
- Babas: 3–5 maande · 5–8 maande · 9–12 maande
- Peuters: 1–2 jaar
- Kleuters: 2–4 jaar
Samestellers & Aanbieders
Hierdie program is geskep en saamgestel deur ma’s met ‘n behoefte om tyd saam met ander ma’s en hul babas te spandeer om mekaar te ondersteun, inspireer en bemagtig met die basiese tot hul beskikking – hulle self, hul babas en hul direkte omgewing (huis en tuin/ natuur)
Die ma’s het die hulp van kenners ingeroep:
- Arbeids- en Spraakterapeute met kennis van ontwikkelingsmylpale en ouderdomsgepaste oefeninge en speletjies
- Onderwysers met kennis van die vaardighede wat kinders moet bekom om met vrymoedigheid die formele onderrig fase te betree, sowel as uitvalle identifiseer wat sommige voorskoolse kinders ondervind.
Al die Eienaars en Fasiliteerders (Ma-kind-ondersteuners) van die Minimense Werkswinkels/ Workshops het onderwys opleiding, jare ondervinding en is onderskeidelik moeders van laerskool-, hoërskool- en volwasse-kinders.