Program

Missie

Minimense Werkswinkel/Workshop is ‘n mamma-baba/peuter/kleuter stimulasie werkswinkel wat die behoefte aan ondersteuning en begeleiding van ouers aanspreek. Ons doel is om jou kind speel-speel te ontwikkel en  begelei van afhanklikheid na onafhanklikheid.

Ons  kliente is die primêre versorger(s) van ‘n kind (‘n ouer / grootouer/ betroubare versorger).Huidiglik is daar 3 Minimense Werkswinkels/ Workshops in die Wes-Kaap, sowel as ‘n aanlyn program, indien jy jou nie in hierdie dorpe of nabye omgewing bevind nie.

Visie

Minimense Werkswinkel/ Workshop wil graag soos die behoefte ontstaan, nog werkswinkels in die platteland vestig, sowel as die aanlyn program beskikbaar stel aan ouers wat op ver afgeleë plekke woon en nie toegang het tot die fisiese werkswinkels nie.

Totale kind ontwikkeling

Minimense Werkswinkel het al die eienskappe om jou baba of kleuter te fassineer, stimuleer en ontwikkel met progressiewe oefeninge en sensoriese aktiwiteite wat musiek-speletjies insluit   – gekies en beplan om tred te hou met elke ouderdomsgroep se individuele behoeftes.

Onvoorwaardelike liefde + gefokusde aandag skep ‘n gunstige klimaat vir ontwikkeling en dit geskied in
‘n stimulerende omgewing met ouderdomsgepaste aktiwiteite.

Vir wie? Een-tot-een

‘n ouer/ grootouer/ versorger saam met ‘n baba/ ‘n peuter/ ‘n kleuter

Een-tot-een-interaksie stel jou in staat om direk met jou kind te kommunikeer en oogkontak te maak wat selfvertroue bevorder

Ouderdomsgroepe

By Minimense streef ons daarna om elke individu ( ma en kind) op ‘n unieke plek waar hy of sy hul bevind, te ontmoet.

 

Ontwikkelingskenmerke

Babas

Sensoriese sponse

(Ontdek hulleself en hul wêreld)

5 – 8 Maande

Sosiaal & Emosioneel

Herken bekendes en toon sterk gehegtheid aan bekende persone.  Kan skeidingsangs ervaar.
Geniet interaktiewe speletjies en nabootsing van alledaagse aktiwiteite

Ontdekking & Denke

Nuuskierig, ondersoek alles (vat, voel en proe)

Begin die permanensie van ‘n persoon verstaan (Waar’s jy?)

Taal

Eerste kommunikasie – nie-verbaal en stemtoon

Versorger moet kyk en luister, baba gee belangrike inligting oor sy behoeftes en ongemak.

Babbel aktief en gebruik liggaam om te kommunikeer

Reageer op sy/haar naam en bekende stemtone

Beweging

Verander posisies gereeld, spandeer die meeste tyd op die vloer sodat jou baba met sy liggaam kan eksperimenteer en versterk om te rol, seil, lê-na-sit en sit na lê omskakeling, eksperimenteer met hande-viervoet, kruip

 

9 – 12 Maande

ONTWIKKELINGSKENMERKE

Sosiaal en emosioneel

Baie geheg aan bekendes.  Kan steeds skeidingsangs beleef.  Geniet interaktiewe speletjies en nabootsing.

Ontdek en Denke

Verstaan eenvoudige woorde en opdragte
Soek aktief na versteekte voorwerpe (geniet die verrassingselement)
Eksperimenteer met en ontdek oorsaak-en-gevolg deur te gooi, druk, skud, slaan, klap, skop en trap

 Taal

Babbel steeds baie en gebruik gebare.

Kan eenvoudige woorde gebruik.

(mamma/ pappa)

Verstaan tatta, melk, skree as hul aandag wil hê, luister na gesprekke, reageer op hul naam, skud kop as hul, nee, sê.  Verstaan meer as wat kan uitspreek.

Beweging

Fynmotories

Sit selfstandig en pak voorwerpe uit houers
Wys met die vinger en klap hande

Grootmotories:

Sit stewig sonder ondersteuning
Kruip vaardig rond
Trek op tot in ‘n staande posisie
Loop langs meubels of beweeg van stoel tot stoel

Peuters

Ontdekkers

(Ons ontdek deur waarneming, nabootsing en beweging)

1 – 2jaar+

Sosiaal en Emosioneel

Sterk eie wil (wil self), wys frustrasies, speel parallel (langs ‘n maat), hul floreer in bekende roetines en dit gee sekuriteit.

 

Ontdek en Denke

Nuuskierig en ondersoekend.

Verstaan eenvoudige opdragte, leer probleemoplossingsvaardighede aan, herken bekende mense, voorwerpe en prente (gebruik dagroetine kaarte)

Taal

Woordeskat vermeerder vining, begin om twee-woord frases te gebruik, wys en benoem voorwerpe (prentwoordeboeke,  advertensieblaaie), verstaan meer as wat hulle kan sê (veroorsaak frustrasies)

Beweging

Fynmotories

Stapel blokke, oefen die knypvingergreep (duim en wysvinger),
 krabbel met kryte en bordkryt, gebruik ‘n lepel

Grootmotories

Hardloop, klim en klouter,

skop en gooi balle

Kleuters

Weetgierige nabootsers tot Selfstandige sosialiseerders

(vra baie vrae, begin saamspeel, omgee, saamwerk en boots volwassenes se take na – rollespel )

3 – 4 jaar

Sosiaal en Emosioneel

Meer onafhanklik,emosies word sterk uitgedruk (begin hul benoem en vaardighede aanleer om te hanteer). Speel soms langsaan en begin met ander speel. Begin beurte maak, met hulp.  Verstaan reëls en wil dit volg. Wys meer empatie.  Meer onafhanklik.

 

Ontdek en Denke

Gebruik verbeelding.  Kan eenvoudige probleme oplos en verstaan konsepte soos groot/klein, op/af, in/uit, swaar/ lig…

Verstaan later konsepte soos (kleur, vorms en getalle) asook volgorde en roetine.

Voer twee-stap instruksies uit.

 

Taal

Gebruik kort sinne (3-5 woorde), woordeskat brei vining uit, vra steeds baie vrae, kan eenvoudige gebeure en stories vertel

Met tyd gebruik hul volledige sinne, vertel stories en ervarings breedvoerig.

 

Beweging

Fynmotories

Bou graag torings en strukture, hou dik kryte stywer vas en teken al meer.

Later teken hul herkenbare prente, knip gemaklik met ‘n skêr en hou ‘n potlood vas.

 Grootmotories

Begin eenbeen-spring, spring vorentoe en agtertoe, lig albei voete van die grond af. Loop op ’n balanseerbank. Kan huppel en galop op ritmiese musiek. Begin om gemaklik fiets te ry.

WAT BIED MINIMENSE WERKSWINKELS / WORKSHOP?

‘n Veilige, stimulerende omgewing om onverstoord met jou baba/ peuter/ kleuter te vertoef en te speel.

 

Een-tot-een-interaksie wat jou in staat stel om direk met jou kind te kommunikeer en oogkontak te maak wat selfvertroue bevorder.

Verskillende speelgoed en apparaat, insluitend huishoudelike en herwinbare produkte.
Musiek- en bewegingspeletjies – liedjies en rympies word vir ‘n kwartaal herhaal om memoriseringsvaardighede te oefen

‘n Paar van die stimulasie-aktiwiteite
wat Minimense bied

5-8 Maande

Grootmotoriese aktiwiteite

Verander baba se posisies konstant, stimuleer die vestibulêre stelsel, ouer is die hindernis – oefen en speel gereeld in die maagposisie

Fyn motoriese aktiwiteite

Verskaf genoeg huishoudelike voorwerpe om vas te hou (verskillende groottes en gewig)

Bied voorwerpe op verskillende plekke aan(hoog/ laag, links/ regs,  ver/naby)

Perseptuele aktiwiteite

Permanensie van persone en voorwerpe (speletjies), hangende voorwerpe (herwinbare produkte),  voorwerpe wat geluide maak, prente van bekende mense en voorwerpe, kap speelgoed,  maagtyd tydens speletjies,

Musiek aktiwiteite

Beweeg op verskillende ritmiese musiek, ratels, kindermusiek en ander (‘n verskeidenheid)

9-12 Maande

Grootmotoriese aktiwiteite

Moedig beweging aan, gee blootstelling aan bewegende speelgoed en rowwer spel (oefen balans), moedig kruip en klouter aan, vrye verkenning van hul omgewing, gooi balle met verskillende teksture, stootspeelgoed, klouter oor verskillende oppervlaktes en hoogtes

Fyn motoriese aktiwiteite

Moedig beweging aan, gee blootstelling aan bewegende speelgoed en rowwer spel (oefen balans), moedig kruip en klouter aan, vrye verkenning van hul omgewing, gooi balle met verskillende teksture, stootspeelgoed, klouter oor verskillende oppervlaktes en hoogtes

Perseptuele aktiwiteite

Prente en boeke (kleuterrympies en bewegings), voorwerpe  met verskillende teksture, verskillende reuke, wegsteek-speletjies, genoeg spieël-speeltyd, praat genoeg met jou baba.

Musiek aktiwiteite

Sing baie liedjies,  beweeg op verskillende ritmiese musiek, slaginstrumente uit die kombuis

1-2 Jaar+

Grootmotoriese aktiwiteite

Baie vrye bewegingtyd (stap, hardloop, rol, hang, klouter), trek en stoot speelgoed,  swaaie, 

voorwerpe om in- en uit te pak en te gooi, speel met sand en water, vryheid om verskillende omgewings te verken, poppe en karre, wieg en swaai, spring en balspeletjies, kruip bo-oor en onderdeur huishoudelike voorwerpe en meubels, balanseer

Fyn motoriese aktiwiteite

Torings bou en omstamp,  herwinbare houers en deksels, kartonboeke, vasmaakmiddels (Velcro), help aantrek

Perseptuele aktiwiteite

Gelsels baie met jou peuter (speelgoedtelefoon), wye verskeidenheid teksture, skep geleentheid vir denkbeeldigespel (maak tee), blaasaktiwiteite

Musiek aktiwiteite

Beweeg op verskillende ritmiese musiek, bespeel instrumente sittend

3-4 Jaar

Grootmotoriese aktiwiteite

Skoonmaak aktiwiteite (stryk, vee, was spieëls), tuingereedskap (graaf, vurk, kruiwa), swaai, klimraam, spring, bal-aktiwiteite (gooi en vang, slaan, skop), staan eenbeen

Fyn motoriese aktiwiteite

Vryheid om met verskillende verf- en teken-aktiwiteite te eksperimenteer, konstruksie- en inryg-apparaat, blootstelling aan ‘n skêr, houtwerk gereedskap, speeldeeg, slotte en sleutels,    

Plakaktiwiteite, konstruksie-speelgoed (inskroef), skinkaktiwiteite, vasmaakmiddels van klere

Perseptuele aktiwiteite

Prentbesprekings en stories, bespreek daaglikse roetine kaarte

(oggend-, middag- en aandroetines), gebruik van en higiëne  in die badkamer, legkaarte, verbeeldingspeletjies Dr. Dr, inkopies

Musiek aktiwiteite

Sing en beweeg op ritmiese liedjies, sing aksieliedjies, bespeel instrumente, terwyl beweeg, maak eie instrumente, sing liedjies wat ‘n storie vertel, bv. Skoenmaker en Kosie Kramer

Hoekom Minimense?

 Dit het ‘n 2-ledige doel!

OUER-ONDERSTEUNING en KINDER-ONTWIKKELING DEUR BLOOTSTELLING

Minimense d
Minimense c
Minimense a
Minimense b
Logo Verduidelik
Werkswinkels

Waar om ons te vind?

Wat sê ons ouers
Mamma / Arbeidsterapeut
Read More
As 'n eerste-keer-Mamma het ek en my seuntjie Minimense vreeslik geniet. Die verskillende "stasies" was elke week ' n hoogtepunt en iets om na uit te sien. Nie net was daar verskeie sensoriese ervarings nie, maar alledaagse huishoudelike items en herwinbare produkte is onder andere gebruik om ontwikkeling te steun. Dit het my baie idees gegee en inspireer om tuis verder lekker te gaan speel (sonder duur speelgoed). Verskeie apparate is gebruik vir grof motoriese en fyn motoriese ontwikkeling wat gesorg het dat die kinders nuuskierig en leergierig bly. As Mamma het ek die gesels met die ander mammas en Mamma-kind-begeleier baie geniet. Ons kon by mekaar leer en mekaar ondersteun — dit het dit ekstra spesiaal gemaak. Alhoewel ek wel bekend was met Minimense was dit 'n heel ander ervaring met my dogtertjie. Sy het die aktiwiteite op haar unieke manier beleef wat dit weer vars en interessant gemaak het. Dit was ook baie lekker om weer nuwe mammas te leer ken. Mininense is beslis iets wat elke Mamma haar en haar kind mee moet bederf
Gelukkige Mamma
Read More
Groot waardering vir die Mini-Mense Program Ek het die voorreg gehad om met ons tweede seuntjie hom te kon inskryf by Juffrou Marié se Mini-Mense. Wat ’n wonderlike program is dit nie! Die feit dat Juffrou Marié ’n gekwalifiseerde Grondslagfase-juffrou is, met meer as 15 jaar ervaring, is ’n ONGELOOFLIKE voordeel. Sy hardloop met hierdie program en voeg nog meer waarde toe as wat hierdie program reeds bied. Sy is ’n mens wat verseker die ekstra myl loop in alles wat sy doen, en die netjies uitgepakte en goed voorbereide klassies elke liewe keer wat jy daar instap, getuig daarvan. Haar beplanning is deeglik en elke klas bou voort op die vorige les, wat die sukses daarvan verseker. Hierdie program en Juffrou Marié se Mini-Mense-klassies bou die fondasie waarop effektiewe leer, veral in die Grondslagfase, gebou word. Die voorkennis wat ons kinders hier opdoen, reeds vóór skool, kan niemand van hulle wegneem nie en dit verskaf hulle beslis met ’n voorsprong wanneer hulle die kleuterskool en daarna die laerskool betree. Ons seuntjie kan nie wag om Donderdae by sy Mini-Mense-klasse “skool toe te gaan” nie. Dit is verseker die hoogtepunt van sy week. Hier word hy blootgestel aan ongelooflik verrykende aktiwiteite, ’n gestruktureerde klasomgewing, sosiale interaksie met maats en ’n juffrou na wie hy moet leer luister. Ek kan net dink hoeveel makliker die aanpassing na die kleuterskool, sowel as “grootskool”, sal wees danksy hierdie Mini-Mense-klasse. Ek wens elke liewe mamma kon die geleentheid kry om hul kinders deur Juffrou Marié en haar klassies te laat verryk word! Dit is verseker vir ons en ons seuntjie ’n voorreg. Dankie, liefste Juffrou Marié! Jy is goud werd!! 🤍🌿
Michelle Stofberg
Read More
Dit was ‘n voorreg om MiniMense saam met my twee kinders te kon doen. Dit is voorwaar ‘n belegging wat mens maak in jou kind se lewe. MiniMense het my kinders holisties ontwikkel en gestimuleer, spelenderwys, op hulle vlak. Elke kind word ontmoet op hulle unieke vlak van ontwikkeling en daar is soveel ruimte vir verryking en uitbreiding met elke aktiwiteit. Dis beslis ‘n wenresep. As kleuterskool onderwyseres kan ek hierdie program hoog aanbeveel. Ons maats moet speel – dis die heel beste manier om te leer. MiniMense se fyn beplande lesse skep goue leer geleenthede, waar kinders deur ontdekking en eksperimente leer. Beweging, musiek, kuns, grootmotoriese en fynmotoriese aktiwiteite is deel van elke les. Die warm, liefdevolle atmosfeer skep ‘n veilige plek waar die kind gemaklik voel om te probeer en dit help bou aan sy/haar selfvertroue wat hul nodig het vir formele skool. MiniMense is die perfekte geleentheid om jou kind ‘n goeie voorsprong te gee. Maar meer as dit, belê in TYD saam met jou kind. Michelle Stofberg (Kleuterskool onderwyseres, BEd Grondslagfase)
Maritza
Read More
Minimense is wonderlik vir my seuntjie! Ek kan sien hoe hy gegroei het in sy vaardighede en in die manier waarop hy sy emosies uitdruk. Ons het gegaan van ’n seuntjie wat glad nie sy hande wou vuil maak of wou verf nie — tot een wat nou uit sy eie belangstelling toon in verf, en sommer ook met slakke, wurms en skilpaaie wil speel! Hy is regtig tuis by Minimense — by die Mamma’s, Oumas, Tannies en soms selfs ’n Ou Pappa ook. 💛 Ek sien elke dag hoe sy vriendelikheid, selfvertroue en sagte geaardheid deur hul speelse leer groei en ontwikkel. Minimense het ook vir my, as Mamma van ’n woelige en soms oorweldigende seuntjie, só baie beteken. My gehelp om my kind se behoeftes beter te verstaan — en om te besef ek is nie alleen nie. En soms, net soms, wanneer mens voel jy wil huil, is Minimense sommer soos ’n gratis sielkundige sessie in buite-speeltyd. 🤍🌿
Trotse Mamma
Read More
Die Minimens-program bied ’n uitstekende, holistiese ontwikkelingsplatform vir jong kinders. Die program skep ’n stimulerende leeromgewing waar elke kind deur spel, beweging en ontdekking op ’n natuurlike manier leer en groei. Leer vind plaas deur konkrete, prettige ervarings, wat kinders se kognitiewe, fisieke, sosiale en emosionele ontwikkeling op ’n geïntegreerde manier bevorder. ’n Wye reeks vaardighede word doelbewus ontwikkel, insluitend: * Fynmotoriese vaardighede – aktiwiteite soos knip, bou, ryg en teken versterk handspiere en berei kinders voor vir skryfwerk. * Grootmotoriese vaardighede – spring, klim en balspel verbeter spiertonus, balans en liggaamsbeheer. * Koördinasie – oefeninge wat hand-oog- en voet-oogkoördinasie versterk, bevorder presisie en selfvertroue. * Middellynkruising – bewegings oor die liggaamslyn help met brein-integrasie, fokus en skoolgereedheid. * Ritme en balans – dans, musiek en bewegingspeletjies dra by tot liggaamsbewustheid en ritmiese ontwikkeling. Die program se buite-speel en multi-sensoriese aktiwiteite maak leer dinamies en betekenisvol. Kinders kry waardevolle blootstelling aan verskillende leerareas soos Afrikaans, Wiskunde, kreatiewe denke en probleemoplossing. Elke kind word op sy of haar eie vlak ondersteun om selfstandig, nuuskierig en gebalanseerd te ontwikkel. Minimens lê ’n sterk grondslag vir Graad O en help om leerders met selfvertroue en lewenslus skool toe te stuur. Enige opvoeder sal bevestig dat ’n kind wat deur Minimense is, uitstekend voorbereid is — met goeie skoolgereedheid, sosiale vaardighede en ’n positiewe leerhouding. Vir ouers bring dit groot gemoedsrus om te weet hul kind het die beste moontlike begin en ’n opvoeding ontvang wat die heel kind ontwikkel. Die juffrou by Caledon Mini-Mens is ‘n gekwalifiseerde Juffrou met jare se ervaring wat hierdie pakket net in die volgende vlak sit. Haar energie en liefde vir die kinders en haar uitstekende kennis maak dit ‘n wenresep!
Previous
Next
Spelende ouers het gelukkige kinders.

Robertson | Mcgregor | Bonnievale | Worcester | Caledon