Aanlyn Program Bekendstelling
Bekendstelling
Elsabe Mienie, Stigter van Minimense Werkswinkel / Workshop te Worcester, bied sedert die jaar 2000, die eerste Minimense Werkswinkel in Worcester aan.
Opleiding en kwalifikasies:
Drie jaar Junior Primêre opleiding aan Wellington Onderwysers Kollege,
HOD in Pre-primêr te Barkly House Teachers College,
Verdere Diploma in onderwys UNISA
Opleiding deur die Parent and Child Association om my toe te rus vir Minimense.
Ondervinding:
Ses en ‘n half jaar Pre-primêre onderrig ondervinding,
Ses jaar tuisbly-mamma en die afgelope 25jaar het ek Minimense aangebied.
Ek wil steeds ouers bemagtig om speel-speel , met die tyd tot hul beskikking, in enige omgewing waar hul hul bevind, verhoudinge te bou en lewensvaardighede vir hul “navolgers” te wys.
Behoefte vir ‘n aanlynprogram word identifiseer
- Minimense gesinne verhuis na die platteland waar daar nie ‘n Werkswinkel beskikbaar is nie. Hulle spreek die behoefte uit om steeds deel te wees van Minimense aktiwiteite om die voordeel wat hul en hul kind ervaar het, te kan voortsit. Deur die gebruik van huishoudelike – en herwinbare materiaal kan hul steeds tuis, speel-speel eksperimenteer en ontdek.
- Familie/ vriende besoek ons werkswinkels, in Bonnievale-McGregor- Robertson, Caledon en Worcester, beleef met hul baba/ peuter/ kleuter die speel-speel ontdek atmosfeer saam met ‘n ouer/ vertroueling en wil graag in hul area deel wees van:
a) Minimense Werkswinkel se aktiwiteite en tuis speel-speel ontdek of
b) ‘n werkswinkel in hul area begin.